- AVAILABLE: 01 JUN
Bredasdorp, Bredasdorp
Bredasdorp, Bredasdorp
Hierdie ruim en uitnodigende huis bied alles wat ’n gesin nodig het vir gemaklike leef en ontspanne kuier.
Die eiendom beskik oor ’n heerlike swembad – perfek vir warm somersdae – asook ’n sonnige stoep waar jy die hele jaar deur kan kuier, of dit nou winter of somer is. Die huis is veilig omhein en het ’n groot, netjiese tuin – ideaal vir kinders en troeteldiere.
Binne die huis vind jy:
3 Ruim slaapkamers
2 Netjiese badkamers
Studeerkamer
’n Gerieflike oop leefarea
’n Praktiese kombuis met ’n aparte waskamer (elektriese oond met gas kookplate)
Sonstoep met ingeboude binnebraai – ideaal vir kuier
Die boonste verdieping (loft) bied ekstra spasie met:
’n slaapkamer, sitkamer en studeerhoek – ideaal vir werk van die huis af
Verder is daar:
’n Dubbel motorhuis vir veilige parkering
Vesel (fibre) beskikbaar vir die huurder se eie konneksie
’n Afsonderlike woonstel word apart verhuur en beskik oor ’n eie ingang, volledig geskei van die huis.
Hierdie huis kombineer gerief, spasie en gesellige leefareas – perfek vir gesinne wat hou van kuier en onthaal om die swembad.