Vestig jou besigheid in een van die mees gesogte moderne kommersiële liggings in die dorp, met uitstekende sigbaarheid en maklike toegang vir kliënte en personeel.
Kantoor/winkel met 'n oppervlakte van 78 m2. Beskikbaarheid kan volgens die nuwe huurder bespreek en onderhandel word.
Sonpanele vir meer betroubare kragtoevoer
Elektrisiteit ingesluit
Alarmstelsel beskikbaar (vir huurder se rekening)
Netjiese, professionele werksomgewing.
Geleenthede soos dié kom selde beskikbaar. Gee jou besigheid die professionele adres wat dit verdien.
Kontak my vandag om 'n besigtiging te reël.